Maandag. Dit voel soos 'n Maandag. Dit is nie regtig 'n Maandag nie, dis net amper ene. Vanoggend is die mense by die werk 'moody' en die atmosfeer is swartgallig. Iemand wil voetbal praat en word stilgemaak. Iemand anders kom aan en gaan net stil by sy lessenaar sit.
Jip, gister was Jeugdag, 'n Suid Afrikaanse vakansie dag wat in herinnering roep die gebeure van 16 Junie 1976 - ook bekend as Soweto dag. In 'n ironiese 'twist' van uniek Suid Afrikaanse dimensies is die Bafana Bafana teen Uruguay op Loftus Versfeld gespeel. Ongelukkig vir almal betrokke (behalwe dalk die Uruguyans) het nie almal die draaiboek onder oë gehad nie. Eindtelling 3-0 teen Bafana.
Weet die Bafana nie hoe sleg 'n 3-0 verloor vir nasiebou is nie?
Nou lê Frankryk voor. Geld praat hardste as dit kom by voorspellings - en ons weet wat die wedders sê. Maar ons hoop maar steeds van 'n storie van 'n haas en 'n hoed en 'n baie verbaasde Franse span.
Tot later.
Wednesday, June 16, 2010
Subscribe to:
Posts (Atom)