Maandag. Dit voel soos 'n Maandag. Dit is nie regtig 'n Maandag nie, dis net amper ene. Vanoggend is die mense by die werk 'moody' en die atmosfeer is swartgallig. Iemand wil voetbal praat en word stilgemaak. Iemand anders kom aan en gaan net stil by sy lessenaar sit.
Jip, gister was Jeugdag, 'n Suid Afrikaanse vakansie dag wat in herinnering roep die gebeure van 16 Junie 1976 - ook bekend as Soweto dag. In 'n ironiese 'twist' van uniek Suid Afrikaanse dimensies is die Bafana Bafana teen Uruguay op Loftus Versfeld gespeel. Ongelukkig vir almal betrokke (behalwe dalk die Uruguyans) het nie almal die draaiboek onder oë gehad nie. Eindtelling 3-0 teen Bafana.
Weet die Bafana nie hoe sleg 'n 3-0 verloor vir nasiebou is nie?
Nou lê Frankryk voor. Geld praat hardste as dit kom by voorspellings - en ons weet wat die wedders sê. Maar ons hoop maar steeds van 'n storie van 'n haas en 'n hoed en 'n baie verbaasde Franse span.
Tot later.
Wednesday, June 16, 2010
Monday, February 15, 2010
#1 - As die skeidsregter in die pad is...
Met die wegspring: Dankie aan Suki van (sukilock.blogspot.com) vir die inspirasie om my eie "blog" aan te pak.
Dankie aan einste Suki vir die onder die (|) skop en onthou dat ek eintlik aan die blog is. Laastens, as dit nie vir Craig Joubert was nie, dan het hierdie eerste uitgawe dalk eers in 2011 verskyn.
Ek moet dalk die kalf agter die bult gaan haal en verduidelik dat een van my lekker-om-te-hê griewe oppervlakkige joernalistiek is. Soos 'n "stop press: breaking news" artikel wat jou niks anders vertel as miskien dat die journalis die vyf woord "headline" kan omskryf in 'n twee paragraaf artikel nie. Of 'n meer inhoudsgedrewe artikel waar die inhoud maar bra oppervlakkig en bolangs benader is. So dalk is hierdie net my manier van al daardie meer-ernstig-oor-hul-skryfwerk-journaliste terugbetaal.
FEIT: Die Super 14 Finaal is oor en die Bulle het gewen.
FEIT: Ek is 'n Stormer 'fan'
AFLEIDING: Ek behoort nie opgewonde oor die telling te wees nie.
Nou tot hier toe volg ek die redenasie. Ek is nie opgewonde nie. Ek is sommer afgehaal, maar nie net oor die eindtelling nie, maar oor die hele wedstryd. Dit sukkel om verby die skeidsregter te kyk.
Schalk Burger het verwys na twee stelle reels by die afbreekpunte. Schalk het nie daarop uitgebrei nie, daarvoor kan ek hom applous gee. Ek is dalk nie heeltemal so goeie mens soos hy nie so laat ek bietjie langer daar dwaal.
Menigmale het die skeidsregter (Craig Joubert) die Bulle gewaarsku met 'n "22 Roll Away", "7 Hands Off" waar die Stormers vir dieselfde situasie dadelik opgeblaas is.
'n Stormer speel die bal, hy is op sy voete, hy neem die bal af, hy gaan grond toe, maar ook vorentoe. Dan word hy opgeblaas vir verkeerde kant van die losgemaal le.
'n Hoogvat is misgekyk. Of is dit dalk oorgesien.
'n Speler in die lug gespeel. Sou die beslissing vandag dieselfde gewees het as daardie speler nie 'n wit trui gedra het nie.
Wat met die blote oog met die eerste kykslag nie 'n vorentoe aangee was nie word deur die skeidsregter geblaas as vorentoe. Eerder as die insident weer wys en die publiek toelaat om hul eie opinie te vorm - of die skeidsregter se beslissing te steun. Die ooglopende gebrek aan 'n kykweer maak dit baie maklik vir die sameswerings-spesialiste om te dink dat Supersport ook deel is van die komplot.
Toegegee, skeidsregters het soms swak wedstryde, daardie wedstryde word egter gekenmerk deur skeidsregters wat groot foute maak - maar gewoonlik tot nadeek van beide spanne. Vandag se skeidsregter was so inkonsekwent dat dit maklik geraak het om sy integriteit tot twyfel te trek.
Ja, ek kom seker teen hierdie as "supersuur" oor.
Ek gaan nie verwys na die poging van Schalk Burger wat nie as drie erken is nie. Daar was Craig Joubert nie betrokke nie.
Ek gaan ook nie probeer om enigiemand te oortuig dat die Stormers die wedstryd sou wen as die skeidsregter meer konsekwent geblaas het nie. Daarvoor het die Stormers het myns insiens steeds te veel besit weggeskop en hulle het plek-plek onnodige foute gemaak.
Reg of verkeerd. Ek voel ingedoen. Ek kan nie sê my span het goed gespeel en steeds verloor nie - dit is dalk 'n goeie beskrywing van die wedstryd, maar die oorheersende gevoel is dat daar vandag twee stelle reels toegepas gewees het. En dit is presies hoekom ek nie opgewonde is nie. Dit is ook hoekom ek die Joost in raak as die Bul ondersteuners die wen is die nie-
Die Engeltjie op my skouer fluister saggies. So saggies dat ek hom amper nie hoor nie. "Skeidsregters is ook mense, so vertel hulle my. Hulle het ook 'n binneste, amper soos spietkops.
Sy duiwelmaatjie op die ander skouer fluister nie, hy por my openlik aan: "Soek 'n ou met n Blou trui en bliksem hom as hy die telling in jou keel probeer afdruk."
Ek stamp dus die engeltjie dat hy daar trek. Net ingeval hy in die geheim 'n blou simpatiseerder is. Iewers binne is daar n stemmetjie wat my wysmaak dat dit oor en verby is.
Wat more, oormore en twintig jaar van nou af gaan saak maak is nie wat in die tagtig minute gebeur het nie. Wat onthou gaan word is wat die telbord gesê het na die eindfluitjie geblaas het. En daar my vriende, in daardie finale woord sit dit wat alles wat ons nou sê tot niks maak.
--Bertus--

Subscribe to:
Posts (Atom)